Boeta – Episode 20. Geskryf deur Eric R Kok

Lees ook :

“JY!!” Skreeu Boeta en bevlieg vir Leeroy.

Hy gryp hom aan sy keel en wurg. Leeroy probeer los kom maar Boeta is sterker. Hy ruk vir Leeroy rond.

“Heh pa… Wat is dit nou??” Wilson probeer keer maar Boeta hou vas.

Boeta is blind van woede.

“Ek gaan jou vrek maak!!!”

Leeroy se oë begin peul. Hy maak roggel geluide en probeer om vir Boeta weg te slaan. Wilson gryp vir Boeta en sukkel om hom van Leeroy af te kry. 

“Hey ouens los nou die gedagte. Wag!” probeer Angelo van die anderkant af keer. 

Uiteindelik kry Wilson vir Boeta om sy greep van Leeroy te breek. Leeroy spring weg en hou sy keel vas. Hy hoes verskriklik. 

“Jy. Jy wil my doodmaak…” sê hy en kyk geskok na Boeta. 

Wilson hou Boeta se hande en hy begin kalmeer. Vir Boeta voel dit amper asof hy uit ‘n diep droom wakker skrik. Hy knip sy oë. Leeroy staan en vryf sy keel. Angelo het sy arm om Sy skouer. 

“Jys mal jy!” blaf Leeroy in ‘n hees stem. 

Wilson gee ‘n tree en staan in middel. 

“Heh jong wat gaan aan ouens. Hoekom is Roy voel bloed en vir wat fight julle?” 

“Vra vir hom!” sê Leeroy en gluur na Boeta. 

Boeta vererg homself en kom vinnig nader. Leeroy haal sy mes uit.

“Kom ek blaas jou!” Angelo keer. 

“Dan moet jy so staan bra!” 

“Heh ouens wag nou eers! Wat gaan aan!?” 

“Vra vir Leeroy. Hy is die mes steker.”

Wilson en Angelo kyk vir Leeroy. 

“Hey moetie vir my wil kom blame nie. Daai toppie het my gevreet gesien nie joune nie.”

“NOU WAS DIT NODIG OM HOM TE STEEK.” 

Dit lyk asof Boeta en Leeroy mekaar enige oomblik sal aanval. 

Angelo en Wilson kyk vinnig na mekaar. 

“Hoe bedoel die man steek??” vra Angelo. 

Boeta draai weg. 

“Hy het vir oom Stoffel gesteek…”

“Daai toppie moes nie so vroeg terug gekom het nie. Jy het gesê hy kom past eight…”

Boeta wil vir Leroy gryp maar Wilson keer. 

“Okay ouens…” sê Angelo. 

“Dit gaan nie help ons maak mekaar vrek nie.” 

Hy kyk na Boeta en terug na Leeroy. 

“Bra jy moet vinnig uit daai klere kom en daai blade weg gooi.”

Hy kyk na Wilson en Boeta. 

“Ouens as die gattas kom questions vra. Niemand sê niks.”

Hy tel die sak vol geld op en begin dit te tel. 

Boeta skud sy kop. 

“Nee. Ek is uit.”

Al drie kyk verbaas na boeta. 

“Deel julle die geld. Ek is klaar.” sê Boeta weer en draai weg. 

Wilson spring hom voor. 

“Heh vra wag nou eers. Dink. Ons almal nodig die geld.”

“En wat van Oom Stoffel?” 

“Daai ou toppie sal orite wees bra..”

“Hoe weet jy?” vra Boeta en wag vir ‘n antwoord. 

Wilson kan nie ‘n antwoord gee nie. 

“Hey bra.” sê Leeroy en kom dreigend nader. 

“Jy kan nie sommer net quit nie. Nie nou nie. Niemand kan!”

Boeta kyk vir ‘n lank ruk stip na Leeroy en met sy kom neus lyk hy amper soos ‘n rot. 

“Ek kan.” sê Boeta. Hy draai om en loop weg. 

Leeroy begin skel. 

“HEY. HEY. AS JY BY DIE GATTAS GAAB PIEMP EK KOM BLAAS JOU MOEGOE.” 

Boeta ignoreer vir Leeroy. Hy kan nie ophou dink aan Oom Stoffel wat leweloos lê in ‘n poel van sy eie bloed. Hy dink aan sy ma. Wat as die polisie investigate en uitvind wat het gebeur. Moet hy eerder vir homself gaan oorgee of moet hy stilbly… 

Boeta vat die draai in hulle straat en onmiddellik kom hy agter daar is ‘n groot bohaai. ‘n auntie in haar nagrok en plakkies draf vinnig verby hom. Sy druk haar selfoon teen haar oor en praat opgewonde met iemand aan die ander kant. 

“Ja ja ouma Hulle sê hy is ses keer gesteek….”

Sy hardloop in die rigting van die skarre mense wat alreeds die hele straat toe staan. Twee polisie bakkies staan aan weerskante van die straat. Vier polisie manne keer dat die mense aan een kant van die straat staan. 

Die mense omring ‘n ambulans wat met sy bloedrooi ligte van die nuuskieriges se gesigte rooi verf. 

Oom Jerry van oorkant staan op sy stoep en kyk. Hy het ‘n koppie tee in sy een hand. 

Boeta sien sy ma. Sy staan met ‘n vriendin van haar. Auntie Lallie. Vanaand weet die hele Roodepan wat het gebeur want Auntie Lallie sal nie nou huistoe gaan nie. 

Boeta druk deur die mense wat omtrent hulle eie stories aan laas. 

“Het jy gehoor…” 

“Het jy gesien…” sê hulle vir mekaar. 

“Boeta…” 

Titus kyk na Boeta met groot rooi oë. Sy het gehuil. 

“My kind. Hulle het vir Oom Stoffel gesteek…” 

Skielik is daar groot opgewondenheid. Almal praat te gelyktydig. Ander mense begin wys na die huis. Die paramedici bring ‘n stretcher uit. Boeta se mond val oop. Hulle is besig om vir Oom Stoffel uit te stoot. 

Boeta is die groep uit. Die hele buurt is by Oom Stoffel se huis en almal al reeds besig om hulle eie stories aan te laas van wat gebeur het. Gaan Boeta homself oorgee of sal hy eerder stil bly… 

Word Vervolg. 

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App