Borg vir beskuldigde in Zanzou-nagklubsaak toegestaan

Lees ook :

Foto: Skermgreep beeldmateriaal X - The Instigator

GAUTENG. – ‘n Kongolese burger (41), wat op agt aanklagte van gedwonge seksuele aanranding en ses aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, teregstaan, is Woensdag in die Pretoria-landdroshof borg van R10 000 toegestaan.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê twee saakdossiere is teen die beskuldigde geopen vir insidente van aanranding wat na bewering in April 2022 plaasgevind het. Gedurende ‘n aparte insident is vier manlike slagoffers glo deur die beskuldigde gedwing om seksuele aktiwiteite op hulleself toe te pas. Die misdade is ontdek toe video-opnames daarvan op sosiale media versprei is. Na ‘n versoek van die polisie vir slagoffers om na vore te kom, het ses individue sake oopgemaak.

Mahanjana sê die beskuldigde het in sy borgverklaring gesê hy moet vir sy vrou en drie kinders sorg en het geen vorige veroordelings teen hom nie. Die staat het die borgaansoek teengestaan op grond daarvan dat die verdagte ‘n vlugrisiko is en moontlik nie vir sy verhoor sal opdaag nie. Die beskuldigde het geen reisdokumente nie en sy vlugtelingstatus word steeds van die departement van binnelandse sake afgewag.

Die regter het borg vasgestel, met die voorwaarde dat die beskuldigde elke Maandag, Woensdag en Vrydag by die Sunnyside-polisiestasie moet aanmeld. Hy mag ook nie die jurisdiksie van Pretoria verlaat nie.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 5 Mei uitgestel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief