Lees ook: Sewe noodhulpwerkers deur Israel-weermag gedood
GAZA. – Die gesondheidsministerie in Gaza het gesê die dodetal is nou byna 33 000. Sowat 32 916 persone is dood, met minstens 75 494 beseer.
Israel word deur die wêreld gekritiseer na hulle weermag sewe noodhulpwerkers doodgemaak het toe hulle noodkosvoorrade afgelewer het.
Israel beweerdit was ’n geval van “misidentifikasie” en hulle ondersoek die voorval. Die president van Israel het ook gesê hy is jammer oor die dood van die noodhulpwerkers.
Bronne: The Independent Uganda, Big News Network, Aljazeera





