Lees ook: Sommige regsake teen Trump waarskynlik laat vaar
Donald Trump het op sy sosialemedianetwerk bevestig hy is van plan om die weermag te gebruik om onwettige immigrante te deporteer.
Hy het reageer deur te sê: “WAAR!!!” op iemand se plasing wat gesê het Trump gaan ‘n nasionale noodgeval verklaar en die weermag gebruik vir ‘n “massa-deportasieprogram”.
Trump het tydens sy veldtog gesê hy is van plan om die nasionale wag te gebruik om die agentskap wat deportasies uitvoer, te help.
Bronne: BBC, USA Today, Newsweek





