Dricus du Plessis, of DDP, is uiteindelik op sy knieë gedwing en nie deur ‘n vuishou of ‘n skop nie. Ons almal weet nou wat hy weet, want hy het nie net sy 31ste verjaardag gevier nie, maar ook aan Vasti Spiller verloof geraak.
Vasti het ‘n Instagram-video gedeel waarin Dricus die ring te voorskyn bring en vra of sy die Du Plessis-tatoe sal wil dra. Agter hulle het ‘n verjaardagwens vir Dricus vinnig in ‘n verlowingsgelukwensing verander toe Dricus voor Vasti kniel.
Die antwoord was “ja”
Vasti se byskrif “no longer two, but one”…… – Mark 10:8
Vroeër het Vasti die volgende verjaardagwens vir Dricus gehad:


