OOS-KAAP. – Die minister van polisie, Senzo Mchunu, sê in ‘n verklaring duidelikheid in die Matatielesaak is nodig. Drie persone van belang is in die verkragtingsaak van Cwecwe (7) geïdentifiseer en hulle DNS is vir analise geneem.
Kamogelo Mogotsi, woordvoerder vir die polisieminister, sê die minister het nooit in ‘n verklaring gesê DNS is van die hoof van Bergview College geneem nie, maar het op grond van ‘n aanvanklike verslag wat ontvang is, gesê die hoof is wel onder die verdagtes. Maj.genl. Mmantsheke Lekhele, die nasionale GKS-komponentshoof, is tans in beheer van die ondersoek.
“Hy (Mchunu) het verder gesê dat DNS-toetse uitgevoer is, sonder om enige besonderhede te verskaf – dié toetse was ten opsigte van die minderjarige.”
Die verklaring vir duidelikheid is gemaak oor bewerings wat op sosiale media opgemerk is. Mogotsi sê die saak word behoorlik ondersoek.
Lees meer hier onder in die verklaring wat uitgereik is:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





