‘Dwelmsindikaat’ se borgaansoek uitgestel

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Norman Brits (54), Henry Crail (32), Mona-Lize Grobler (49) en Cailin de Bruin (28) het vandag (Donderdag) op aanklagte van die onwettige handeldryf in geskeduleerde produkte in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê daar word beweer die beskuldigdes het sedert 2021 as ‘n sindikaat opgetree en geskeduleerde produkte en medikasie op ‘n aanlyn platform verkoop en versprei. ‘n Polisie-ondersoek, ondersteun deur ‘n analise van ‘n forensiese laboratorium, het aan die lig gebring dat die produkte verbode stowwe bevat.

Brits, Crail en Grobler is op 11 Februarie by hul wonings in en om Pretoria in hegtenis geneem. De Bruin is op 12 Februarie gearresteer.

Die saak is in die hof vir aansoek om borg tot 20 Februarie uitgestel. Addisionele aanklagte kan nie uitgesluit word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief