‘Gesteelde’ minerale van R15 m. opgespoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vragmotorbestuurder (44) is Maandag vir die beweerde besit van sirkoon- en chloorminerale ter waarde van R15.5 m. in Durban in hegtenis geneem.

Brig. Athlenda Mathe sê ‘n taakspan wat ter voorkoming van moord op mynboubestuurders en om diefstal van minerale te bekamp in die Richardsbaai-area ontplooi is, het ‘n wenk oor gesteelde minerale wat op ‘n vragmotor gelaai is, opgevolg.

Die vragmotor is verlate in Kwabonambi gevind, waarna die ondersoek na die verdagte en minerale in Durban gelei het.

Mathe sê die diefstal van minerale word ondersoek. Die verdagte sal in Empangeni-landdroshof verskyn.

“Sedert die ontplooiing van die taakspan word 68 dossiere ondersoek en 43 verdagtes op aanklagte wat van moord, diefstal, betreding, besit van vermoedelik gesteelde eiendom, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, bedrog en intimidasie wissel, in hegtenis geneem. Altesaam 47 van hierdie sake is tans in verskeie howe.”

Deel van die taakspan se sukses is die beslaglegging op 202 vuurwapens, soos gewere, handwapens en haelgewere, oor ‘n tydperk van drie jaar.

“Two weeks ago, the Minister of Police, General Bheki Cele, together with the National Commissioner of the SAPS, General Fannie Masemola, met with the business community in the area where all parties jointly committed to strengthening working relations and deploying more police officers to the area to prevent and combat acts of criminality related to the mining sector.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief