GROBLERSDAL, LIMPOPO. – Piet Groenewald en Stefan Greeff wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n hond op ’n werknemer losgelaat het, se saak is vandag weer in die Groblersdal-landdroshof tot 4 April 2024 uitgestel.
Die stiefpa en seun word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die beweerde voorval het op 17 Januarie 2024 plaasgevind. Groenewald en Greeff se borgaansoeke is telkemale uitgestel voordat dit op 12 Februarie 2024 geweier is.
Hulle bly in aanhouding.
Lees ook hier.
Bronne: Middelburg Observer, Citizen





