Menopouse: wanneer orkes musikante verander

Lees ook :

Foto ter voorstelling. KI ontwerp.

Menopouse is ’n hormonale oorgang wat die hele liggaam beïnvloed. Hormone speel ’n belangrike rol in energievlakke, metabolisme, gemoed, slaapsiklusse, glukosevlakke, bloeddruk en fertiliteit.

Diabetoloog dr. Ilana Joubert van Kaapstad vergelyk hormone se werk in die liggaam met ’n simfonie-orkes.
“Menopouse is wanneer die orkes begin om sy musikante te verander.”

Dr Ilana Joubert

Om die proses van menopouse te verstaan, moet ’n mens die werking van hormone verstaan.

“Hormone is die liggaam se chemiese boodskappers. Hulle is piepklein biologiese stowwe wat deur kliere in die liggaam vervaardig word en deur die bloedstroom na verskillende organe vervoer word.”

Wanneer hormone nie meer in balans met mekaar funksioneer nie, beteken dit dat die sisteem nie meer verloop soos dit moet nie.

Dr. Joubert verduidelik dat menopouse nie noodwendig die rede is waarom ’n vrou gewig optel nie.

“Die daling in estrogeen vertraag jou metabolisme. Die verlies aan spiermassa maak dit makliker om vet, veral rondom die maag, op te tel.”

Lees ook: Studie vind hormoonontwrigtende chemikalieë in menstruasieprodukte

Bloeding ná menopouse kan rede tot kommer wees.

“In gevalle van swaar of ongewone bloeding, of simptome wat ’n vrou se daaglikse lewe ernstig beïnvloed, is dit belangrik om ’n dokter te raadpleeg.”

Ter afsluiting verduidelik Joubert dat mans ook ’n soortgelyke verouderingsproses ervaar.

“Dit word Andropouse genoem.” Mans ervaar dan ’n geleidelike daling in hormone, wat simptome soos minder energie, spierverlies, vettoename en slaapprobleme kan veroorsaak. Dit gebeur egter gewoonlik stadiger as by vroue.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief