Brekende Nuus
Nuus

Ian Cameron deel bevindings oor Sky se nadoodse ondersoek

Foto: Ian Cameron

GAUTENG. – Ian Cameron sê hy het Sky se finale patologieverslag ontvang. Volgens die verslag is die hond lewend, maar bewusteloos en in skok in ’n hok vol bloed gevind.

Cameron, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, sê die nadoodse ondersoek het onder meer verskeie frakture aan albei voorpote, insluitend ’n oop fraktuur waar been deur die vel gesteek het, asook uitgebreide wonde, kneusplekke en spierskade bevestig. Die frakture is volgens hom op sowat 12 tot 16 uur oud geraam. 

Volgens Cameron het spierafbreking tot veranderinge aan die niere en akute veranderinge aan die hartspier gelei. Die beserings sou waarskynlik noodlottig gewees het indien Sky nie uitgesit is nie. Die verslag meld ook Verskeie deurdringende wonde word ook gemeld – een wat moontlik self toegedien kon wees toe Sky aan haar eie ledemaat gebyt het om haarself te probeer bevry.

Cameron beklemtoon dat die verslag nie bepaal wie vir Sky se beserings verantwoordelik was nie. Hy sê ’n interne polisie-ondersoek, onder leiding van ’n generaal, moet teen 9 Oktober afgehandel word. Opod, die NVG en die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad volg volgens hom ook hul onderskeie prosesse.