Kindermoordenaar Daniel Smit lewenslank tronk toe

Lees ook :

Foto: NVG en op lêer

WES-KAAP. – Daniel Hugo Smit is lewenslange tronkstraf vir die poging tot moord, ontvoering, lykskending, regsverydeling en moord op Jerobejin van Wyk (13) deur die hooggeregshof op Vredendal opgelê.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê Smit is deur regter Hailey Slingers vir poging tot moord 15 jaar direk, ontvoering 10 jaar direk, moord lewenslank, lykskending vyf jaar direk en regsverydeling drie jaar direkte tronkstraf gevonnis. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Smit sal twee derdes van sy vonnis uitdien voordat hy vir parool in aanmerking kom. Hy is ook ongevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

“Die moord op die 13-jarige seun het skokgolwe gestuur vir die grusame manier waarop hy vermoor is. Smit het ingevolge Artikel 112 (2) van Wet 51 van 1977 aan roekelose bestuur, ontvoering, moord (nie met voorbedagte rade nie), skending van ‘n lyk en regsverydeling skuldig gepleit. Adv. Louise Freister-Sampson, die aanklaer en adjunkdirekteur van openbare vervolging, het die regsverydeling-pleit aanvaar, maar het die res van sy pleit verwerp.”

Smit se dogter het vir die staat getuig haar pa het ná die moord op 2 Februarie kalm voorgekom en grappe gemaak. Hulle het selfs na Vredendal gery om ‘n band te ruil en het tee saam met ‘n familielid gedrink. By die huis het hulle geëet en koffie gedrink, waarna sy gaan slaap het omdat sy olik was. Smit het sonder haar toestemming vir haar slaappille gegee.

Ntabazalila sê Smit het ter versagting van sy vonnis getuig hy was onder die invloed van die okkulte en het die hof vir ‘n 30-jaar direkte gevangenisstraf gevra. Freister-Sampson het aangevoer hy is reeds vir meer as 20 jaar op geen manier by die okkulte betrokke nie. Sy het verder aan die hof voorgehou Smit het hom tot Christenskap bekeer en het Aramese woorde vir God op sy huis se mure en voertuig geverf gehad.

Nuusflits het soos volg berig hoe die betrokke dag verloop het:

Adv. Nicolette Bell, die direkteur van openbare vervolging van die Wes-Kaap beskryf die moord as grusaam en gevoelloos en sy het die hoop uitgespreek die familie van Jerobejin vind vertroosting in die wete dat Smit lank tronk toe gestuur is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief