Kinders wat in ongeluk sterf se name bekend

Lees ook :

Foto's: Dr CF Visser Primêre Skool

Let wel Tennique Joubert is steeds in ‘n koma in die hospitaal.

VRYSTAAT. – Ryan Smit, Ayden Smit en Leané van Papendorp het Vrydag na ‘n ongeluk op die N8 in Bloemfontein gesterf. Tennique Joubert, wat ‘n operasie ondergaan het, is steeds in ‘n koma.

Dr. C F Visser Primêre Skool het die volgende plasing met foto’s van die kinders op sosiale media gedeel: “Dit is met die swaarste hart dat ons die afsterwe van drie geliefde leerlinge deel. Hierdie verlies laat ‘n leemte in ons harte, en ons wil graag ons innige simpatie en medelye aan hul families, vriende en klasmaats betuig. Ons hou vas aan die positiewe impak wat hulle op ons almal gehad het. Mag hul glimlaggies en vrolikheid vir altyd in ons gedagtes wees. Laat ons hul herinneringe vier deur dit wat hulle in ons lewens gelos het, te koester en voort te dra.”

Mev. Riekie Venter, die skoohoof, het ook nuus oor Tennique Joubert op die skool se blad gedeel: “Liewe ouers en Vissiegemeenskap. Tennique Joubert is die vierde kind wat in die ongeluk betrokke was. Sy is tans steeds in ‘n koma na ‘n lang operasie gisteraand. Ek vra dat u vir haar en haar familie sal bid. Ons God is groot – NIKS is vir Hom onmoontlik nie.”

Medelye van skole en die gemeenskap stroom in na die ongeluk.

Lees meer hier:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief