Net toe dit lyk asof Peet en Mel Viljoen van die Real Housewives of Pretoria-faam skotvry leef in Amerika, kom die skoknuus. Die paartjie se vlug van geregtigheid het vroeër die week met hulle inhegtenisneming geëindig. Kyk hier onder hoe Peet Viljoen in hegtenis geneem word en Mel Viljoen kort daarna reeds geboei in ‘n polisievoertuig geplaas word.
Die paartjie woon al sedert 2025 in Amerika. Met sosialemedia-inskrywings het hulle dit duidelik maak dat hulle nie van plan is om terug te keer na Suid-Afrika nie.
Die Viljoens is vir georganiseerde kleinhandeldiefstal in Florida in hegtenis geneem. Volgens die Boca Raton-polisiëringsdepartement se arrestasieverslag, wat deur Local 10 News verkry is, het die paartjie se sogenaamde “oorlewingsmodus” in Amerika bestaan uit ’n gekoördineerde, ses maande lange diefstalveldtog.
Hierdie inhegtenisnemings is slegs vir hul misdade in Florida.
Terwyl Suid-Afrika die saak fyn dophou, is die voormalige glanspaar tans in aanhouding. Hulle sal aan Suid-Afrika uitgelewer word wanneer hulle vir hul misdade in die Verenigde State verantwoording gedoen het. In Suid-Afrika staan die Viljoens tereg op aanklagte van bedrog, diefstal, rampokkery, intimidasie, afpersing en haatspraak.
Lees ook: Peet en Mel Viljoen in Florida in hegtenis geneem:





