Die departement van water en sanitasie sê in ‘n sosialemediaplasing weens invloei in die Vaaldam is daar binne 24 uur nadat die vierde sluis oopgemaak is, Sondag ‘n vyfde sluis oopgemaak. Die watervlakke het weens voortdurende reënval oornag vermeerder.
Die Vaaldamvlak het tot 109.39% vermeerder. Terwyl die invloei na die dam 1 000 kubieke meter is, is die uitvloei net onder 700 kubieke meter per sekonde.
Die uitvloei van water het na verwagting binne sees uur die barrage bereik en sal binne drie tot vier dae tot by Bloemhofdam wees. Dit sal beide damme en die rivier se watervlakke oor die rivierbanke laat styg.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





