Leidrade opgevolg in voortdurende soektog na Joshlin in Middelpos

Lees ook :

Foto: Op lêer

WES-KAAP. – As deel van die ondersoek na die verdwyning van Joshlin Smith (7) het polisiebeamptes Vrydagmiddag opnuut op die Middelpos- informele nedersetting in Saldanhabaai toegesak. Speurders, honde-eenhede, soek-en-reddingspanne, asook plaaslike polisiebeamptes, is die afgelope tyd in ‘n geïdentifiseerde gebied in Saldanhabaai gelei na inligting wat nog bevestig moet word.

Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die onbevestigde inligting wat na vore gekom het, is dadelik opgevolg. Potelwa sê voorts die polisie het reeds vroeër beklemtoon dat alhoewel drie individue, insluitend die kind se ma, in Mei weens ontvoering en mensehandel gevonnis is, die kind se verdwyning sonder ’n spoor steeds ’n prioriteit bly. Die ondersoek is dus nooit afgehandel nie. Of die huidige soektog tot sukses sal lei, moet nog gesien word. Die polisie beklemtoon hul verpligting om alle inligting wat onder hul aandag kom, na te gaan en te toets.

“’n Nederige beroep word gedoen dat die soekspanne die nodige ruimte gegun word om hul werk te doen terwyl die ondersoek voortduur,” sluit die brigadier af.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief