Die sangpaar, Marius en Vernette Wessels wat as die groep Coffee Snobs bekend is, se nuwe enkelsnit Die reis is vandag vrygestel. Net soos hulle vorige liedjies, beloof dit om landwyd te inspireer.
Met ’n wysie wat aan Laurika Rauch se musiek herinner en lirieke wat diep tref, slaag die lied in sy doel: om harte aan te raak.
“Die lewe is ‘n reis. Dit het opdraandes en afdraandes, somer-, herfs-, winter- en lente-seisoene,” gee die sangpaar agtergrond oor die lied.
“Die lewe is soos die see – party dae omgekrap en skoon befoeterd, ander dae weerloos en glad soos ‘n spieël. Uiteindelik is dit die op-en-af, verskillende seisoene, stormweer en sonskyndae, wat die lewe so ‘n interessante reis maak! It’s not about the destination, it’s all about the journey!”
Die reis is op alle digitale platforms beskikbaar.
Bronne: Facebook, YouTube





