Martin Jackson ontsnap uit Boksburg-tronk

Lees ook :

Foto: Departement vir Korrektiewe Dienste

GAUTENG. – Martin Jackson het Woensdag uit die Boksburg- korrektiewe sentrum ontsnap.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement, sê in ‘n verklaring die omstandighede waaronder Jackson ontsnap het, word ondersoek. Korrektiewe Dienste werk saam met ander wetstoepassingsagentskappe om die ontsnapte op te spoor en te arresteer.

Jackson is op 10 April 2015 in Korrektiewe Dienste opgeneem, waar hy ‘n vonnis van 20 jaar vir roof, diefstal en die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie uitdien.

Nxumlo waarsku die publiek om waaksaam te wees en versoek enigiemand met inligting oor waar Jackson hom bevind om dit by die polisie of Korrektiewe Dienste aan te meld.

“Lede van die publiek word ook aangeraai om nie die ontsnapte te nader nie, aangesien hy gevaarlik kan wees.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief