Meisie verdrink by skoolleierskamp

Lees ook :

Foto: Women For Change

GAUTENG. – Latoya Temilton (12), ‘n gr.7-leerder van Laerskool Queenswood in Pretoria Moot, het Saterdag tydens ‘n skoolleierskamp by Wag ‘n Bietjie-oord op Witkoppen, Olifantsfontein, in ‘n swembad verdrink.

Steve Mabona van die Gauteng-onderwysdepartement sê Matome Chiloane, die LUR, het hartseer oor die voorval uitgespreek en ‘n onafhanklike ondersoek aanbeveel. Die aanstelling van ‘n onafhanklike prokureursfirma vir die ondersoek is onderweg. Die firma sal aan die skool en ouers van die oorledene bekendgestel word.

Mabona sê die polisie ondersoek die voorval. Verteenwoordigers van die skool en departement het die ouers van die oorledene besoek.

Die leerders was slegs vir een dag op die kamp waartydens die tragedie plaasgevind het. Die skool het Woensdag ‘n gedenkdiens vir Temilton gehou.

“We are devastated by this tragic loss. We convey our sincerest condolences to the bereaved family and school community at large. We are hopeful an independent investigation into this incident will assist to determine on what exactly occurred,” het Chiloane gesê.

Volgens Women For Change was daar nie toesig by die swembad nie en sê voorts Temilton se ouers het glo minder as ‘n uur voordat sy van die leierskamp sou terugkeer huis toe van haar afsterwe gehoor.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief