Nóg ‘n kerk in Mpumalanga beroof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Die Calcutta-polisie ondersoek ‘n sakeroof ná nog ’n gewapende rooftog Sondag omstreeks 12:40 by ‘n kerk in dié provinsie. Nuusflits het reeds oor verskeie rooftogte by kerke regoor die land berig.

Brig. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die gemeentelede was by ’n kerkdiens toe twee vermomde, gewapende mans die kerkgebou ingestorm het. Die twee het skote na die plafon gevuur en waardevolle items van die gemeente geëis. Gemeentelede is van hul selfone, beursies, handsakke en motorsleutels beroof. ’n Onbekende bedrag kontant is ook uit die vrywillige bydraes van die kerk geneem.

Die verdagtes het die gesteelde items in ’n wit Toyota Fortuner, wat aan een van die gemeentelede behoort, gelaai en van die toneel gevlug. Die betrokke voertuig is later verlate by Marite Trust aangetref. Handsakke en motorsleutels is in die voertuig gevind, maar nie die gesteelde selfone en kontant nie.

Mdhluli sê pistoolrondtes is op die toneel opgetel en op beslag gelê as deel van die ondersoek. Geen beserings is tydens die voorval aangemeld nie. Die verdagtes is steeds op vrye voet en die polisie doen ’n beroep op enigiemand met relevante inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, om na vore te kom.

Genl.maj. Zeph Mkhwanazi het die aanval op ’n plek van aanbidding ten sterkste veroordeel. “Ons is bekommerd oor hierdie tendens waarin plekke van aanbidding deur misdadigers geteiken word. Ons werk daaraan om hierdie probleem uit te roei. Sulke dade toon ’n ernstige morele verval in die samelewing.”

Lees meer oor die Mpumalanga-gevalle hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief