Nog verdagtes vir kolonel se brutale moord gearresteer

Lees ook :

Foto: Op lêer

MPUMALANGA. – Vusi Shabalala (43), Njabulo Zwane (26), Percy Siyabonga Duba (30) en Phetheni Samaria Duba (37) is Vrydag vir die moord op lt.kol. Piet Pretorius gearresteer en het Maandag in die Ermelo-landdroshof verskyn waar die saak vir regsverteenwoordiging tot vandag (Donderdag) uitgestel is.

Pretorius was die bevelvoerder van die ondersoekeenheid vir voertuigmisdaad (VCIU). Sy skietdood, op 16 Januarie omstreeks 14:00 het skokgolwe deur die polisiegemeenskap gestuur. Die polisievoertuig waarin Pretorius gery het terwyl hy aan diens was en onderweg na sy kantoor, was vol koeëlgate en hy is verskeie kere getref.  Hy het kort na sy aankoms by ‘n hospitaal aan sy wonde gesterf.

AO Thandi Tshabalala, woordvoerder van die Valke, sê die drie mans en vrou is in Ermelo, op aanklag van sameswering om moord te pleeg, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en regsverydeling, gearresteer. Die vier verdagtes is vasgetrek kort nadat Prince Gift Mdluli, die voortvlugtige, op 8 Maart in Komatipoort in hegtenis geneem is. Mdluli het op 10 Maart in die hof verskyn, waarna die saak vir hom en sy medebeskuldigdes tot 10 April uitgestel is. Die medebeskuldigdes is Mthobisi Nkosi (40), Aubrey Xaba (35), Skhumbuzo Skhakhane (40) en Nyiko Mujovo (30) wat almal hulle borgaansoek laat vaar het. Nog ‘n verdagte, Valencia Skhosana (35) gaan steeds met haar borgaansoek voort. Daar is reeds 10 verdagtes vir die moord gearresteer.

Lees meer oor die ondersoek hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief