Voortvlugtige na polisiebevelvoerder se moord vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Prince Gift Mdluli, die voortvlugtige was as verdagte in die laksman-styl-moord van lt.kol. Piet Pretorius (59), die voormalige bevelvoerder van die voertuigmisdaadondersoekeenheid (NIU), gesoek is, is agter tralies.

Lt.kol. Magonseni Nkosi sê Mdluli, wat sedert 16 Januarie van owerhede af gevlug het, is Saterdag in vuil en gehawende klere in ‘n Komatipoort-klerewinkel vasgetrek. Nadat ‘n wenk omstreeks 08:00 van die gemeenskap ontvang is, is die arrestasie spoedig deur Komatipoort-polisielede gemaak.

Mthobisi Nkosi, ‘n voormalige polisielid en vier ander verdagtes, genaamd Aubrey Xaba, Skhumbuzo Skhakhane, Nyiko Mujovo en Valencia Skhosana is binne 12 uur na die moord op 16 Januarie deur die Secunda-Valke in Nelspruit (Mbombela) gearresteer.

Nkosi sê voorts vier van die beskuldigdes het reeds op 18 Februarie hulle borgaansoek in Ermelo-landdroshof laat vaar. Die saak kom weer op 10 April in die hof voor. Skhosana, die vyfde verdagte, gaan op 12 Maart met ‘n borgaansoek voort, nadat sy reeds twee maal in die hof voorgekom het.

Pretorius was op die betrokke dag, omstreeks 14:00, steeds aan diens, in sy polisievoertuig onderweg na sy kantoor, toe hy verskeie kere geskiet is. Die voertuig was vol koeëlgate. Hy het kort na sy aankoms by ‘n hospitaal aan sy wonde gesterf.

Aanvanklik is gesê ‘n verdagte het in ‘n wit sedan van die toneel gevlug. ‘n Onmiddellike soektog na die skuldiges is geloods, waarna lt.kol. Jabu Ndubane gesê het ‘n BMW, wat vermoedelik in die misdaad gebruik is, is uitgebrand in Uitbreiding 7, Ermelo, aangetref. Die motor is vermoedelik as die verdagtes se wegkommotor gebruik. Dit is in Oktober 2024 in Calcutta as gekaap aangemeld.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief