Lees ook: Twee Lusikisiki-verdagtes wil aansoek doen om borg
Vyf mense is gisteraand oorlede in ‘n ongeluk op die N4 tussen Machadodorp en Mbombela. ‘n Ligte afleweringsvoertuig en ‘n vragmotor het reg van voor gebots.
Al die oorledenes was in die ligte afleweringsvoertuig. Een persoon in die afleweringsvoertuig is ernstig beseer en is in die Mbombela-hospitaal opgeneem. Die bestuurder van die vragmotor was ongedeerd.
‘n Ondersoek is geloods na die oorsaak van die ongeluk.
Bronne: SAPD
Lees ook: Twee Lusikisiki-verdagtes wil aansoek doen om borg





