Onsekerheid oor toekoms van Ekapa-myn

Lees ook :

Foto deur MiningJournal.

KIMBERLEY – Die Kimberley Ekapa-myn (KEM-JV) se bestuur sê die myn het weens die impak van die afname van die internasionale markprys van rowwe diamante ekonomies onvolhoubaar geword.

Jahn Hohne, die hoof-uitvoerende beampte van KEM-JV, sê hulle is in samespreking met die personeel en die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) om ’n oplossing te vind. 

Hohne sê dit is belangrik om onmiddellik ’n alternatiewe besigheidsmodel in te stel om te verhoed dat die myn ekonomies onvolhoubaar word.

Die uitkoms van die bespreking met NUM later die week sal die toekoms van die myn bepaal, het Hohne gesê.

Pontsho Mocwana, voorsitter van die kleinskaalmynwerkersvereniging in Kimberley, sê hulle het die kennisgewing dat die myn gaan toemaak met kommer opgemerk. Hy sê hy glo nie die myn maak toe omdat dit nou ekonomies onvolhoubaar is nie. Hy sê die myn ontduik hul maatskaplike verantwoordelikhede. 

“Ons gaan die ontwikkelinge noukeurig dophou om te verseker die lewensbestaan van die gemeenskap, kleinskaalmyners en werkers van KEM-JV word nie negatief beïnvloed nie,” het Mocwana gesê.


Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App