Ouma en vyf kleinkinders sterf in brand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NEW BRIGHTON, Oos-Kaap. – ‘n Ouma (68) en haar vyf kleinkinders, tussen die ouderdomme van 4 en 11 jaar, het glo vanoggend in ‘n verwoestende brand in ‘n sinkhuis in ‘n informele nedersetting langs Ngenestraat, omgekom.

Volgens kapt. André Beetge, woordvoerder van die New Brighton-polisie, is die polisie omstreeks 04:00 na die toneel ontbied. Die sinkhuis was reeds heeltemal vernietig toe die brandweer die vlamme geblus het en die liggame van die oorledenes ontdek is.

“Dit blyk die oorskot van ‘n ouma en haar vyf kleinkinders te wees,” het Beetge bevestig.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en ondersoeke duur voort. Die formele identifisering van die slagoffers sal deur DNS-ontledings gedoen word. Name van die oorledenes kan tans nog nie bekend gemaak word nie.

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief