KWAZULU-NATAL. – Een persoon is vanoggend omstreeks 00:15 buite ‘n kuierpek in Gateway, Umhlanga tydens ‘n beweerde woordewisseling in ‘n skietery gewond.
KZN VIP Protection Serices sê met aankoms op die toneel is die beseerde persoon gestabiliseer en daarna vinnig na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit vervoer.
‘n Verdagte het na bewering tydens ‘n woordewisseling na die slagoffer geskiet en gevlug. Hy is deur metropolisielede in hegtenis geneem.
Die motief vir die insident is nie bekend nie. Alle nooddienste was op die toneel teenwoordig.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: