Possie sterf weens griep-komplikasies

Lees ook :

Foto: Pre-Primêre Skool Willem Postma

VRYSTAAT. – Jana Hough (6), ‘n leerling aan die Pre-Primêre Skool Willem Postma in Bloemfontein, is verlede Donderdag weens griep-komplikasies in die plaaslike Mediclinic-hospitaal se intensiewesorgeenheid oorlede.

Volgens ‘n Facebook-plasing van Riana Maree was die kind nog Maandag by die skool en is later met verkouesimptome huis toe geneem. Haar toestand het egter so versleg dat sy in 3 Militêre-hospitaal opgeneem en daarna na die Medicilinic oorgeplaas is.

Die skool het haar afsterwe op hulle Facebook-blad gedeel, waar simpatieboodskappe ingestroom het. Verskeie skole in die gebied het ook boodskappe van medelye op sosiale media geplaas. Jana word deur haar ouers, Aneldi en Hannes, en haar broer, Alexander, oorleef.

Bronne: Riana Maree Facebook-blad, Bloemnuus, OFM

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief