NOORD-KAAP. – Die polisie bied ‘n beloning van R100 000 vir inligting aan, nadat die liggame van twee volwasse mans en ‘n babameisie op 17 Maart omstreeks 01:30 uit ‘n begrafnisonderneming op Kuruman gesteel is.
Provinsiale speurders van die eenheid vir ernstige en geweldsmisdade ondersoek steeds die diefstal van die drie lyke. Die beloning is uitgeloof vir enige persoon wat kan help met inligting wat tot die arrestasie en skuldigbevinding van die verdagte(s), asook die herwinning van die liggame, kan lei.
Kol. Cherelle Ehlers sê inligting kan vertroulik gegee word deur kol. Corrie Coghlan by 071 686 0020 of sers. Luvuyo Poni by 063 257 2939 te bel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]


