Seun glimlag uit hospitaalbed na pofadder hom pik

Lees ook :

Foto's: Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control

HARTSWATER, NOORD-KAAP. – Hennie Becker, ‘n gr.-8 seun, is gistermiddag deur ‘n pofadder voor die motorhuisdeur op sy ouers se plaas op die voet gepik.

Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control het die jong seun vinnige beterskap toegewens.

Die dapper pasiënt, wat 120 km van die hospitaal bly, is deur sy ouers na ‘n hospitaal in Kimberley vervoer. Toetse is glo gedoen en teengifmiddel is toegedien.

Volgens die sosialemediaplasing het Becker se liggaam gisteraand skok, wat glo normaal is, ervaar en hy toon vandag beterskap wat swelling en die effek van die gif op sy liggaam betref.

“Vandag is als positief en sy lyf en swelling toon net positiewe nuus. Sterk wees Boeta.”

Bron: Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief