Slagoffer gered, verdagtes van ontvoering vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Man (39) is Vrydagaand in Wolmaransstad ontvoer, waarna ‘n losprys geëis is. Hy is Sondag veilig gered en vyf verdagtes is gearresteer.

Kapt. Mpho Manyoba sê verskeie nasionale en provinsiale eenhede het gemobiliseer nadat die ontvoering aangemeld en die geld gevra is. Onderhandelinge het die ondersoekspan na Welkom en Virginia in die Vrystaat gelei. Tydens die verdagtes se arrestasie het die polisie op drie selfone, waarvan een aan die slagoffer behoort en ‘n replika-vuurwapen, beslag gelê.

Manyoba sê die verdagtes tussen 29 en 45 jaar oud sal vandag (Maandag) op aanklagte van ontvoering, afpersing, roof met verswarende omstandighede en aanranding met die doel om ernstig te besser in die Wolmaransstad-landdroshof voorkom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief