Sokkerspeler binnekort in hof ná verwerping van pleitooreenkoms

Lees ook :

Foto's: Shaun Mogaila Facebook, EMPD en AfriForum Privaatvervolgingseenheid

GAUTENG. – Shaune Mogaila, sokkerspeler, sal weer op 21 Julie in die Tembisa-landdroshof verskyn, nadat ‘n voorgestelde pleit-en-vonnisooreenkoms in die saak oor ‘n noodlottige motorongeluk nie aanvaar is nie.

Barry Bateman, woordvoerder van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê die eenheid het namens Keo Mavimbela, die ma van die negejarige Gomolemo Mavimbela wat in die ongeluk dood is, asook Carol Khethiwa, die ma van Thando wat ernstig beseer is, vertoë aan die nasionale vervolgingsgesag gerig.

Volgens Bateman het die twee ma’s die voorgestelde pleit-en-vonnisooreenkoms verwerp omdat hulle van mening is dat die voorgestelde straf nie die erns van die beweerde oortreding en die trauma wat die slagoffers en hul families ervaar het, weerspieël nie.

Mogaila het op 30 Junie vlugtig in die Tembisa-landdroshof voorgekom. Die saak is vir voorverhoorverrigtinge tot 21 Julie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief