Tronke op ‘lockdown’ na twee se dood in massa-geveg

Lees ook :

Tronke op ‘lockdown’ na twee se dood in massa-geveg
Tronke op ‘lockdown’ na twee se dood in massa-geveg

Twee gevangenes is dood en federale tronke is op ‘lockdown’ ná ‘n massa-geveg by ’n tronk.

Tronkpersoneel het ’n bakleiery by die Amerikaanse gevangenis Beaumont opgebreek en twee mense wat hospitaal toe geneem is, is later dood.

Twee ander gevangenes is ook hospitaal toe geneem en hulle ontvang behandeling ná die geveg Maandag omstreeks 11:30 uitgebreek het.

Dit het gelei tot ’n landwye “lockdown” en is ’n verdere voorbeeld van geweld in die federale Buro vir Gevangenisse.

Beaumont is ’n hoë-sekuriteitsgevangenis, ongeveer 90 myl oos van Houston, met 1 372 manlike oortreders.

Geen personeel is in die botsings beseer nie, word berig.

Volg FiND iT op Facebook hier en lees meer artikels hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief