Brekende Nuus
Afrikaans

Trouneigings: Voorspellings vir 2022-troues

Hier is voorspellings van 2022 se trouneigings.

Voorspellings van 2022-trouneigings
Voorspellings van 2022-trouneigings

Daar is geen twyfel dat troues wêreldwyd grootliks beïnvloed is deur die pandemie en die regulasies wat daarmee gepaard gaan nie. Dit het tot gevolg gehad dat duisende troues moes uitgestel word. Met die nuwe jaar wat wink, is daar nuwe hoop en ook nuwe trouneigings.

Trou jy in 2022? Hier is ‘n voorspelling vir 2022 se trouneigings.

Trouneigings

Lesley Ann Turner, van Bride & Bow, sê daar kom elke jaar nuwe trouneigings na vore, van nuwe kleurpalette wat gewild word, unieke trourokontwerpe en natuurlik ook die dekor.

“Paartjies gaan hulself op meer unieke en persoonlike maniere begin uitdruk. Dit beteken dat 2022-trouneigings dalk glad nie neigings is nie, maar eerder maniere van trou wat individualiteit vier en waar iets heeltemal oorspronkliks gedoen word.”

Blomme – gedroogde blomme

Turner sê sy weet dit klink dalk nie te romanties om gedroogde blomme by jou troue te gebruik nie, maar dit kan regtig ongelooflik lyk. “Vandag se troubloemiste is baie kreatief en ontwerp ruikers, ganginstallasies en onthaalblomme wat romanties en dromerig is, wat gedroogde blomme perfek maak vir ‘n 2022-troue.”

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Blomme – groen blare (greenery)

“Groenigheid vir troues gaan nog nêrens heen nie. Jy kan egter verwag om nuwe gebruike van hierdie aardse blomelement by 2022-troues te sien.”

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Kleurskema – aardse kleure

Turner sê al die liefhebbers van ‘n rustieke en boho voorkoms moenie bekommerd wees nie. “Ons maak gereed om baie aardse kleure in 2022-troues te sien. Alles van die subtiele en sagte bruin en sandkleure tot warm aardse kleure soos gebrande sienna en gousblomgeel. Somer 2022-troues is perfek vir sonneblomme en geel, terwyl herfs sekerlik die aardse roeskleure sal verwelkom.”

Kleurskema – vintage metallics

“Niks skree meer elegante troue as sprankelende besonderhede nie, so in 2022 verwag ons om vintage metaalkleure te sien. Van pragtige strooimeisierokke met vintage metaalkleure tot koper of goue besonderhede op tafels.”

Kleurskema – periwinkle en sagte blou

Turner sê dat wanneer romanse die doel is, daar niks mooier as sagte troukleure soos periwinkle en ligblou is nie. “Hierdie dromerige troukleure herinner ons aan ‘n eklektiese Franse platteland, wat hulle dus die ideale kleure maak vir romantiese 2022-troues.”

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Intieme en mikro-troues

“Ons weet almal dat klein en intieme troues oorgeneem het in 2020 en 2021. Ons maak dus ook gereed vir kleiner troues om tot in 2022 ‘n trouneiging te wees. Paartjies het meer respek vir veiligheidsmaatreëls en wil almal gesond hou, so voorlopig kan die vroeë 2022-troues dalk ook nog kleiner gastelyste hê.”

LEES OOK: Spoorloos verdwyn: Twee jaar sonder Morné de Beer