Tuinier vir moord op ma en seun gevonnis

Lees ook :

Foto: Op lêer

GAUTENG. – Pardon Danhire (37) is vir die moord op Nadine Terblanche en haar seun Ruandré Voster tot 25 jaar elk deur die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis. Die vonnisse, waarvan vyf jaar opgeskort is, sal gelyktydig uitgedien word.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Danhire is gevonnis nadat hy ‘n pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat aangegaan het. Die opgeskorte vonnis van vyf jaar bepaal Danhire moet teen Frederick Stapelberg, sy medebeskuldigde, getuig, daarom is daar van die minimum voorgeskrewe vonnis van lewenslange tronkstraf afgewyk. ‘n Verdere rede is omdat hy verantwoordelikheid vir sy dade neem en daaroor berou het.

Stapelberg, wat met Terblanche in ‘n verhouding was, het Danhire as ‘n tuinier gehuur. Op 27 November 2023 is die lewelose liggame van Terblanche en haar seun deur ‘n plaaslike veiligheidsmaatskappy ontdek, nadat ‘n paniekalarm geaktiveer is. Die paniekalarm is glo ná die moord deur Stapelberg geaktiveer, terwyl hy ‘n fisiese woordewisseling oor geld, waarop hy glo met Danhire ooreengekom het, gehad het. Stapelberg sou Danhire glo R100 000 vir die moord op Terblanche en haar seun, betaal.

Met Danhire se inhegtenisneming het hy die misdade aan die owerhede beken en Stapelberg as sy medebeskuldigde uitgewys, asook die persoon wat hom gehuur het om Terblanche te vermoor.

Stapelberg se verhoor vind op 25 Maart plaas.

Lees ook meer hier:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief