Verdagte gearresteer na 8 in massaskietery sterf

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Die misdaadtoneel in Pienaar, buite Nelspruit (Mbombela), waar agt persone Saterdag buite ‘n taverne gesterf het, is Sondag deur maj.genl. Zeph Mkhwanazi besoek. ‘n Deurbraak is vanoggend aangekondig, nadat die polisie ‘n verdagte (39) gearresteer het.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê die provinsiale kommissaris wat die toneel besoek het, het bevestig die dodetal is steeds dieselfde. Een persoon is reeds uit die hospitaal ontslaan, terwyl nog twee persone steeds mediese behandeling in die hospitaal ontvang.

Volgens die kommissaris is ondesoekspanne hard aan die werk. ‘n Verdagte is Sondagaand in Pienaar gearresteer en ‘n pistool en 13 lewendige rondtes gekonfiskeer. Die verdagte sal binnekort in die hof voorkom.

Volgens die voorlopige ondersoek blyk dit asof die insident bendeverwant kan wees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief