Verdagte gearresteer na 8 in massaskietery sterf

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Die misdaadtoneel in Pienaar, buite Nelspruit (Mbombela), waar agt persone Saterdag buite ‘n taverne gesterf het, is Sondag deur maj.genl. Zeph Mkhwanazi besoek. ‘n Deurbraak is vanoggend aangekondig, nadat die polisie ‘n verdagte (39) gearresteer het.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê die provinsiale kommissaris wat die toneel besoek het, het bevestig die dodetal is steeds dieselfde. Een persoon is reeds uit die hospitaal ontslaan, terwyl nog twee persone steeds mediese behandeling in die hospitaal ontvang.

Volgens die kommissaris is ondesoekspanne hard aan die werk. ‘n Verdagte is Sondagaand in Pienaar gearresteer en ‘n pistool en 13 lewendige rondtes gekonfiskeer. Die verdagte sal binnekort in die hof voorkom.

Volgens die voorlopige ondersoek blyk dit asof die insident bendeverwant kan wees.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief