Verdagtes gesoek ná oorskot langs pad ontdek is

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Menslike oorskot is op 8 Mei 2025 by die Rapotokwane CCZ-plaas langs die D2774-pad in Rust de Winter ontdek. Die ontdekking is gemaak nadat vyf verdagtes in verband met die verdwyning van Aserie Ndlovu en Zodwa Precious in Mdhluli in hegtenis geneem is. Nog twee verdagtes word deur die polisie gevra om by die naaste polisiekantoor aan te meld.

Brig. Athlenda Mathe sê die SAPD doen ’n beroep op Thato David Madisha (24) en Sello “Skhalo” Uoane om na vore te kom. Die twee word in verband met die moord op die joernalis Aserie Ndlovu en sy lewensmaat Zodwa Mdhluli gesoek. Volgens die polisie glo hulle dat die twee mans moontlik betrokke was by of inligting het oor die vermeende ontvoering en moord op die paartjie. Opsporingspanne is tans besig om na hulle te soek. Sello Uoane is tans op parool vrygelaat ná ’n skuldigbevinding op ’n verkragtingsklag.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê die ander vyf verdagtes is gedurende Februarie in hegtenis geneem en tydens die ondersoek het inligting oor die vermiste paartjie in Rust de Winter aan die lig gekom. ’n Ondersoek na die identiteit van die oorskot is tans aan die gang en word verwerk. Die motief agter die voorval word ook ondersoek.

Ndubane sê op dieselfde dag wat die oorskot ontdek is, het speur.AO William Maapula van KwaMhlanga-speurtak en kol. Sarah Radebe, die speurtakbevelvoerder van Mamelodi-polisie, Aserie Ndlovu se ma by haar familiehuis in Mahlabathini, in KwaMhlanga, besoek om haar oor die ontdekking in te lig. Genl.maj. Shibiri, hoof van die ondersoekspan, het Zodwa Precious, Mdhluli se skoonsuster van Tembisa telefonies oor die saak ingelig.

Genl.maj. Zemph Mkhwanazi, die waarnemende provinsiale kommissaris in Mpumalanga, het die ondersoekspan vir die werk wat tot dusver gedoen is, geprys. Mkhwanazi het die families verseker dat die polisie sal werk om die waarheid agter die verdwyning van die twee persone aan die lig te bring. Die families is verder verseker dat hulle voortdurend van enige nuwe ontwikkelings ingelig sal word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief