WES-KAAP. – Die polisie op Franschhoek is op soek na gewapende verdagtes wat besoekers aan ‘n gasteplaas op die dorp Sondagoggend vroeg op die perseel beroof het.
Luidens ‘n verklaring deur sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het die verdagtes die perseel betree en die slagoffers van elektroniese toerusting en juwele beroof voordat hulle gevlug het.
Franschhoek-polisie ondersoek ‘n huisroof.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.
Lees ook van twee vorige voorvalle hier onder:





