Vier ‘rowers, moordenaars en afpersers’ doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Vier verdagte rowers, moordenaars en afpersers is vroeër vandag (Donderdag) in Duffsstraat, langs Dumisani Makhayerylaan in KwaMashu, in ‘n skietery met die polisie dood.

Lt.kol. Paul Magwaza sê die verdagtes is in ‘n voertuig deur die polisie in Larkstraat onderskep. Die verdagtes het glo na die polisie geskiet, waarop die polisie teruggeskiet het. Tydens die skietery is drie verdagtes doodgeskiet. Met ‘n soektog in die omgewing van die misdaadtoneel het die polisie die liggaam van ‘n vierde verdagte, wat probeer vlug het en skietwonde opgedoen het, aangetref.

Magwaza sê drie vuurwapens is in die besit van die verdagtes gekry. Geen polisielid is tydens die skietinsident beseer nie.

“Die verdagtes sal geprofileer word om te sien of hulle met ander misdade verbind word. Die verdagtes is vir talle moorde, rooftogte en afpersingsake in die Ethekwini-distrik gesoek.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief