Vrou spring uit bewegende voertuig

Lees ook :

Vrou spring uit bewegende voertuig fotokrediet: Facebook

INANDA, KZN. – ’n Vrou het Saterdag uit ’n bewegende voertuig gespring na die bestuurder by die punt waar hy haar moes aflaai, verbygery het.

Lees ook: Ouers aangeraai om siek kinders by huis te hou oor hand-voet-en-mondsiekte

Die vrou het ‘n E-roep-toepassing (e-hailing) gebruik om haar huis toe te neem na sy haar skof by ’n restaurant voltooi het. Volgens Reaksie-eenheid SA (Rusa) moes die drywer haar na KwaMashu neem, maar hy het die deure gesluit en na Inanda gery. Sy het geglo hy wil haar beroof of ontvoer en het die deur oopgemaak en uit die voertuig gespring.

Die vrou het na ’n nabye eiendom gehardloop en weggekruip. Sy het haar kêrel gebel, wat toe Rusa gebel het om haar te help, omdat sy bang was die bestuurder kom terug.

Rusa-lede het haar om 03:51 gekry en na die SAPD geneem om die voorval aan te meld. Die bestuurder is nie gevind nie.

Bronne: Facebook

Lees ook: Ouers aangeraai om siek kinders by huis te hou oor hand-voet-en-mondsiekte

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief