MPUMALANGA. – Zimbabwiese burgers is omstreeks 01:30 Woensdagoggend na ‘n sakeroof geskiet, waarna een gesterf en twee gewond is.
Kapt. Magonseni Nkosi sê die Elukwatini-polisie en ‘n privaat veiligheidsmaatskappy is na ‘n klagte van ‘n rooftog by ‘n vulstasie by Nhlazatshe Crossings. Met aankoms op die toneel is hulle ingelig die verdagtes het met onder meer ‘n onbekende bedrag geld en sigarette van die toneel gevlug. Die ondersoek het na ‘n gehuurde kamer gelei. Die verdagtes was glo besig om geld te tel toe hulle beveel is om die deur oop te maak. Daar is glo vanuit die kamer geskiet en die polisie het teruggeskiet, terwyl hulle die kamer in is. Drie verdagtes het skietwonde opgedoen. Geld en ‘n vuurwapen is in die kamer gevind.
“Deel van die ondersoek sluit die vasstel van die identiteit van die oorledene wat met aankoms in die hospitaal gesterf het, in. Die ander twee verdagtes ontvang mediese behandeling onder polisiebewaking.”
Die twee gewonde verdagtes sal na verwagting binnekort in die Elukwatini-landdroshof voorkom.
Opod, die polisiewaghond, is ook besig met ‘n ondersoek.