Lees ook: Donderstorms, brandgevaar en hittegolf voorspel vir verskeie provinsies
GUANGZHOU, CHINA. – Minstens vyf mense is oorlede na ‘n vragskip gister ‘n brug in Guangzhou getref het.
Drie klein trokke, ‘n bus en ‘n bromponie het van die brug geval toe die vragskip die brug tref en veroorsaak het dat ‘n deel daarvan ingee. Die bus, bromponie en een van die trokke het in die leë skip geval en die ander twee trokke het in die water beland.
Die drywers van die bus en die bromponie en drie mense in die trokke wat in die water geval het, het omgekom. Twee ander mense is met beserings in die hospitaal opgeneem. ‘n Bemanningslid van die skip is ook beseer.
Die eienaar van die skip is in hegtenis geneem. Owerhede ondersoek die voorval.
Bronne: DW – South Africa, The Globe and Mail, New York Times
Lees ook: Donderstorms, brandgevaar en hittegolf voorspel vir verskeie provinsies





