Donald Trump betaal $175 m. verband in siviele bedrogsaak

Lees ook :

Donald Trump betaal $175 miljoen verband in siviele bedrogsaak
Donald Trump betaal $175 miljoen verband in siviele bedrogsaak fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Trump waarsku oor ‘bloedbad’ as hy nie verkiesing wen nie

NEW YORK, VSA. – Donald Trump het ‘n $175 m. verband betaal in sy New Yorkse siviele bedrogsaak.

Trump moes oorspronklik $454 m. betaal, maar ‘n appèlhof het die bedrag verminder na $174 m. en hom tien dae gegee om op te dok. Sy bates sou geëis word indien hy nie kon betaal nie.

Trump en sy seuns is skuldig bevind daaraan dat hulle gelieg het oor die waarde van hulle bates om beter lenings en versekering te kry.

Hy is ook in die moeilikheid vir vervalste sakerekords en sy poging om die verkiesinguitslae in 2020 om te keer.

Daar is tans vier sake teen Trump en hy word aangekla op altesaam 88 verskillende aanklagtes.

Bronne: IOL, CNN, Daily Maverick

Lees ook: Trump waarsku oor ‘bloedbad’ as hy nie verkiesing wen nie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief