Kenia en Nigerië herroep Johnson & Johnson-hoesmedisyne

Lees ook :

Kenia en Nigerië herroep Johnson & Johnson-hoesmedisyne
Kenia en Nigerië herroep Johnson & Johnson-hoesmedisyne fotokrediet: Canva

Lees ook: OJ Simpson oorlede

KENIA. – Kenia en Nigerië het Johnson & Johnson se hoesmedisyne vir kinders herroep. Die Benylin pediatriese hoesmedisyne het hoë vlakke diëtileenglikol in.

Hoë vlakke van diëtileenglikol is volgens Nigerië se nasionale agentskap vir voedsel en medisyne-administrasie en -beheer verbind aan die dood van dosyne kinders in Gambië, Oezbekistan en Kameroen sedert 2022.

Die medisyne wat herroep word, is in Mei 2021 in Suid-Afrika deur Johnson & Johnson gemaak. Dit het ’n vervaldatum van April 2024.

Bronne: BusinessLIVE, Moneyweb, Reuters

Lees ook: OJ Simpson oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief