Miljoenêr brand huis sodat vervreemde vrou dit nie kry nie

Lees ook :

Miljoenêr steek huis aan die brand sodat vervreemde vrou dit nie kan kry nie
Miljoenêr steek huis aan die brand sodat vervreemde vrou dit nie kan kry nie fotokrediet: Canva

Lees ook: Sowat 30 passasiers op Dreamliner beseer tydens turbulensie

KENT, ENGELAND. – ‘n Miljoenêr en professionele gholfspeler het sy eie huis aan die brand gesteek sodat sy vervreemde vrou dit nie kan kry nie.

Francis McGuirk (50) het die huis op 25 Junie 2023 aan die brand gesteek na hy boodskappe aan sy vrou gestuur het om te sê hy gaan die huis afbrand met hom aan die binnekant.

McGuirk het die huis aan die brand gesteek en in die proses klein beserings opgedoen. Die regter in die saak het hom ‘n opgeskorte vonnis gegee na dit bekend gemaak is McGuirk ontvang sielkundige hulp.

McGuirk moet 200 uur gemeenskapsdiens doen, £13,555 in kostes betaal, 30 rehabilitasiesessies bywoon en vir 120 dae geen alkohol gebruik nie. Hy is ook verbied om sy vervreemde vrou vir minstens vyf jaar te kontak.

Bronne: Mirror, IOL, Daily Mail

Lees ook: Sowat 30 passasiers op Dreamliner beseer tydens turbulensie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief