Getuienis deur 9-jarige in Kenia-kultussaak

Lees ook :

Getuienis duur voort in Kenia-kultussaak
Getuienis deur 9-jarige in Kenia-kultussaak fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Keniaanse kultusleier het ‘sy kinders laat eet’ terwyl volgelinge doodgaan van honger

KENIA. – ’n 9-jarige meisie, slegs bekend as EG, het getuig hoe haar ouers vir agt dae kos en water van haar weerhou het sodat sy kan doodgaan. Haar ouers, wat deel was van Paul McKenzie se kultus, het haar geslaan as hulle haar gevang water drink of kos soek het.

Sy het getuig hulle het vir haar spesiale klere vir haar dood aangetrek. EG is een van die eerste getuies in die saak teen Paul McKenzie en 93 van sy volgelinge.

McKenzie en sy medebeskuldigdes word aangekla van manslag na meer as 400 mense hulle uitgehonger het op sy bevel om “Jesus te ontmoet”.

Hy word in ander howe ook aangekla van moord, terrorisme en kindermishandeling.

Getuienis in die saak gaan op 9 September voort.

Bronne: New York Times, African News

Lees ook: Keniaanse kultusleier het ‘sy kinders laat eet’ terwyl volgelinge doodgaan van honger

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief