President Cyril Ramaphosa het Vrydagaand die land oor voedselveiligheid toegespreek. Dit volg nadat kinders aan voedselverwante siektes gesterf het. Geïmpliseerde spazawinkels moet met onmiddellike effek toegemaak word.
Enige spazawinkel of perseel wat vanaf 15 November in voedsel handel dryf, het 21 dae om by hulle plaaslike munisipaliteit te registreer. Daar is grasie van ‘n maand om inspeksies op die persele uit te voer.
Lees die volledige toespraak deur die president hier.
Sedert die begin van September 2024 is ‘n totaal van 890 insidente van voedselverwante siektes in al die provinsies aangemeld. 22 kinders wat simptome getoon het, het gedurende die afgelope weke gesterf.
Ses kinders het in Naledi, Soweto, gesterf, waarvan die jongste maar ses jaar oud was. Monsters is van 84 spazawinkels in Naledi geneem en die teenwoordigheid van Terbufos is gevind. Terbufos word volgens die president gebruik om van peste, soos rotte, ontslae te raak. Hy skryf die rotprobleem toe aan strate en vullis wat nie behoorlik skoongemaak word nie, aangesien daar nie genoeg mannekrag by munisipaliteite is om dit te behartig nie.
Drie kinders het gedurende 2023 aan blootstelling van Aldicarb gesterf, nadat die produk reeds in 2016 vir gebruik in SA verban is.
President Ramaphosa sê daar moet seker gemaak word sulke tragedies word nie herhaal nie.
Lees ook:





