Justin Baldoni-toekenning vir solidariteit jeens vrouens teruggetrek na bewerings

Lees ook :

Justin Baldoni-toekenning vir solidariteit jeens vrouens teruggetrek na bewerings fotokrediet: Facebook

Lees ook: Blake Lively dagvaar Justin Baldoni vir beweerde veldtog om haar reputasie te vernietig

VSA. – ‘n Toekenning vir solidariteit jeens vrouens wat onlangs aan Justin Baldoni toegeken is, is teruggetrek na bewerings van seksuele teistering deur die aktrise Blake Lively.

Lively het haar medester, Baldoni, gedagvaar vir die loods van ‘n beweerde veldtog om haar reputasie te skaad na hy haar glo op die stel van It Ends With Us seksueel geteister het.

Vital Voices het vroeër die maand die toekenning vir die solidariteit met vrouens aan Baldoni toegeken, maar het gister aangekondig hulle het die toekenning oor die dagvaardiging teruggetrek en het hom in kennis gestel daarvan.

Baldoni se regspan het die bewerings deur Lively ontken en het gesê hulle het ‘n krisisbestuurder aangestel na Lively “gedreig het om die film te ontspoor as haar eise nie nagekom word nie”.

Bronne: BBC, Evening Standard, The Hollywood Reporter

Lees ook: Blake Lively dagvaar Justin Baldoni vir beweerde veldtog om haar reputasie te vernietig

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief