Johan Oberholzer, die bekende, bekroonde liedjieskrywer, is gister (1 Februarie) oorlede. Volgens ‘n verklaring deur Coleske Artists is hy aan natuurlike oorsake oorlede.
Lees ook: Donderstorms vir verskeie provinsies voorspel
Sy werk sluit in bekende liedjies soos Mis Eet Slaap Herhaal deur Demi Lee Moore, Af en Af deur Kurt Darren, Foto’s deur Dodo Nyoka, Die Land deur ondermeer Bok van Blerk, Helemal deur Chris Steyn en My Alles deur Bobby van Jaarsveld.
Oberholzer het oor dekades heen ‘n groot impak op die Afrikaanse musiekbedryf gemaak en kunstenaars gehelp om hulle eie stem te vind en aan hulle loopbane te bou. Volgens Coleske Artists sal sy liedjies, melodieë en lirieke vir ewig as nalatenskap voortleef in die harte van diegene wat sy werk liefgehad en bewonder het.
Bron: Coleske Artists





