GAZA. – Die Rooi Kruis het hulle woede uitgespreek na die Israeliese weermag agt Palestynse paramedici, ses burgerlike verdedigingspersoneellede en ’n VN-personeellid in die suide van Gaza gedood het.
Lees ook: Drie dood, sewe beseer in Israeliese aanval op Beiroet
Volgens die VN het die Israeliese weermag vyf ambulanse, ’n brandweertrok en VN-voertuig “een vir een” op 23 Maart aangeval. Die 15 liggame is Sondag in ’n massagraf gevind.
Die Israeliese weermag het beweer hulle het voertuie “wat verdag was” wat sonder ligte of noodseine gery het, aangeval en sê ’n Hamas-lid en “nog agt ander terroriste” is dood.
Die Rooi Kruis het gesê die liggame van die oorledenes kon eers gekry word “na sewe dae van stilte en toegang na Rafah, waar hulle laas gesien is, geweier is”. Volgens die Rooi Kruis word nog een paramedikus vermis. Volgens die organisasie was die oorledenes almal in duidelik gemerkte voertuie.
Bronne: BBC, The Times of Israel, The Hill
Lees ook: Drie dood, sewe beseer in Israeliese aanval op Beiroet
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





