Google het ’n waarskuwing aan 1.8 miljoen Gmail-gebruikers uitgereik oor ’n uitvissing-slenter (phising) wat gebruikers se data teiken.
Lees ook: Waarskuwing uitgereik aan Gmail-gebruikers oor nuwe bedrogskema
Dit volg na ’n ontwikkelaar vir die Ethereum-platform ‘n e-pos ontvang het dat hy gedagvaar word vir sy Google-rekening en dat hy toegang tot sy rekening moet toelaat.
Nick Johnson het gesê die e-pos het gelyk of dit van ’n regte Google-rekening af kom en het na ’n webtuiste gelei waar hy gevra is om by sy rekening in te teken. Johnson het gesê die enigste manier wat hy kon sien dit is ’n uitvissing-slenter is omdat die webtuiste sites.google.com was en nie account.google.com nie. Hy het gesê Google het geen waarskuwing gegee om te sê dat die bron van die e-pos nie te vertrou is nie.
Google het gesê dit is bewus van die aanval van uitvissing wat Donderdag plaasgevind het en dat die maatskappy beskerming teen soortgelyke aanvalle ingestel het.
Bronne: Daily Mail, Express, New York Post
Lees ook: Waarskuwing uitgereik aan Gmail-gebruikers oor nuwe bedrogskema





